| die Uitverkiesing :Website Builder |
| Troos of Vertwyfeling...? :Luister na die Woord :die Uitverkiesing geskied in Jesus Christus :Wie is 'Ons in Hom' ? :Uitverkies voor die grondlegging van die wêreld :Uitverkies om heilig en sonder gebrek te wees :Voorbeskik tot kinders van God :die Troos van die Uitverkiesing :die Verkiesing van Judas Iskariot :die Pynlike ervaring van Jesus :Het God vir Judas bestem tot verraaier? :Wat van Johannes 17:12 ? :En wat van Romeine 9 ? :Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? :Waarom is Israel dan verwerp? :'n Beeld van die Uitverkiesing |
| Wat is die probleem waarop in Romeine 9 geantwoord word? |
|
Wat Is Die Probleem waarop In Romeine 9 Geantwoord Word? Paulus staan voor die pynlike en smartlike feit dat Israel, wat die uitverkore volk was, en ook die draers van die openbaring en beloftes van God, en ook die volk waaruit die Christus gebore is ( Romeine 9:5 ); dat hierdie volk, op die tydstip toe die beloftes in die Messias vervul is, die Messias nie aanvaar het nie, maar Hom verwerp het. En dit bring nou mee dat God húlle verwerp het ( Vergelyk Romeine 11:15). Nou is die vraag: Wat nou van God se beloftes? Is die nageslag van Abraham nou nie meer die uitverkore, die verbondsvolk nie? Het die Here se beloftes verval? Hou Sy beloftes dan nie ewig stand nie? Het die uitverkiesing van Israel dan nou verval? Hierop gee die apostel Paulus antwoord aan die hand van twee voorbeelde uit die geskiedenis, nl. Isak teenoor Ismael en Jakob teenoor Esau. Uit hierdie voorbeelde dui hy dan aan dat God nooit sy beloftes onvoorwaardelik aan alle mense toegesê het nie; selfs nie aan alle nakomelinge van Abraham nie ( vers 8 ). Maar om nou hierdie hele gedagtegang van Romeine 9 te verstaan, moet ons onthou dat Paulus nie hier handel oor die persoonlike heil van Ismael of Isak en van Jakob of Esau nie. Hy wys daarop dat God Isak se nageslag kies en later weer Jakob s'n, om die draers van die openbaring van God te wees en ook die geslag waaruit Hy die Messias - die Christus - laat gebore word. Dit gaan dus hier nie om die persoonlike heil van Isak en Ismael of van Jakob en Esau nie. Dit gaan om diegene wat God uitkies met die oog op Sy openbaring deur daardie volk aan die wêreld. Niks staan dan in die pad van Esau of Ismael om die ware God te soek en te aanbid nie. Wanneer die Here God dan sê dat Hy Jakob liefgehad het, maar Esau gehaat "het, gaan dit weer nie om die persoon van Jakob of Esau nie, maar om die Volke wat uit hulle voorgekom het. ( 9:13 en Maleági 1:2-3 ). En dan sê die Here ook dat Hy hulle haat omdat hulle volhardend weier om Hom te dien. Dit is dus nie andersom, nl. dat hulle God nie dien nie, omdat Hy hulle haat nie.
|
| Laaste keer geredigeer: 2008 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
